+27 83 460 3002 rethasmit2@gmail.com

Kommune vir Tuks Studente

‘n Kommune met al die Noodsaaklikhede vir Studente by Tuks Universteit.

Kontak Ons Vandag

Informasie oor die kommune

Is jy ‘n student op soek na rustige, ruimtevol akkommodasie 1Km van TUKS af? Dan is jy by die regte plek! Ons kommune het alles wat ‘n student nodig het om gemaklik te slaap, leer, en bly in Pretoria.

Verblyf sluit in Uncapped WiFi (20mbps), water en elektrisiteit, tuindienste en ‘n bediende, binnehuis kuier area, Lapa, braai area en swembad, sekuriteitsdienste en veilige parkering.

Elke student se wasgoed word eenmaal’n week gedoen. Die bediende maak badkamers, kombuis  en kuier area skoon. ‘n Wasmasjien word versien.

Studente is verantwoordelik om hul eie kamers skoon te hou en hul eie skoonmaak middels en toiletpapier te koop. Daar is reeds ‘n App in plek daarvoor.

Sien onder vir meer inligting of kontak ons vandag vir meer informasie!

Kommune Fotos

Ons Fasiliteite

 Die huis bestaan uit tien ruimtevolle kamers en vier vol badkamers. Twee tot drie persone sal ‘n badkamer moet deel.

Studente sal een van tien kamers kan kies in die Kommune. Elke kamer het genoeg spasie vir die student se bed en n lesenaar. Daar is reeds kaste vir jou klere. Elke kamer het WiFi opvangs. Elke badkamer het ‘n stort, een wasbak en ‘n toilet. Sien onder fotos van die kamers en badkamers

Die sitkamer bestaan uit gemaklike banke, ‘n hout etenstafel, kaggel en ‘n pool tafel. Studente sal hul eie TVs en DTSV saam moet bring. Elektroniese speel stasies is ook welkom.

Die buite area bestaan uit ‘n lapa, braai area, en swembad, vir alle studente wat na lang dag se leer net wil onstpan. Die tuin, braai en swembad is deur n tuinier versorg. Die parkeer area het meer as genoeg spasie vir enige kar en is baie veilig.

1) Jy moet jou eie yskas bring. Daar is meer as genoeg plek vir al die yskaste. Dit is nie nodig om dit in jou kamer te hou nie.

2) Die kombuis het ‘n stoof en ‘n mikrogolf. Studente moet hul eie kombuisware saam bring. Min sal nodig wees aangesien die kombuis reeds toegerus is.

Winkels, Aktiviteite en Ander naby ons

Loftus Park

Vir studente is Loftus Park die beste plek om  algemeene inkopies to doen. Daar is ‘n groot verskeindenheid winkels. Alles van kleure winkels, kos winkles, skryfbehoeftes winkels, ‘n gimnasium, en meer sal jy hier kry. Loftus Park is net 650m van die kommune af, letterlik net om die draai. Perfek as jy net gou wil uitskiet vir iets om te eet of nog kuns en kunsvlyt vir jou taak moet kry. Van die winkels sluit in:

Universiteit van Pretoria

Die Universiteit van Pretoria (UP) is een van die voorste universiteite in Afrika en die grootste universiteit in Suid-Afrika.

Ons produseer maatskaplik-gevorderde navorsing om oplossings te vind vir die belangrikste probleme ter wêreld.

Ons het onderrig en leer van hoë gehalte in die klaskamer, aanlyn of in ons gemeenskappe. Ons het ondersteuning daarvoor om ons studente betyds te kan afstudeer, aangesien afgeronde, verantwoordelike burgers ten volle voorberei is vir die wêreld buite die universiteit.

Loftus Versfeld Stadium

Loftus Versfeld Stadium is ‘n rugby- en sokkerstadion in die Arcadia-voorstad van Pretoria, Gauteng, Suid-Afrika.

Die stadion het ‘n kapasiteit van 51,762 vir die rugbyunie en word soms gebruik vir sokkerwedstryde

Ons Kontak Informasie

Retha Smit
Cell:+27 83 460 3002
E-pos: rethasmit2@gmail.com

Ons Addres:

425 Farenden Straat
Sunnyside
Pretoria
Gauteng
0002,

Bepalings en voorwaardes

Alle Studente moet asseblief die volgende kontrak aflaai en goed deur lees voordat hulle ons kontak vir akkommodasie.

Stuur ons ‘n boodskap